Hier.Na, die aktrise Quanita Adams se debuut as filmregisseur, vertel die verhaal van die Burgess-familie, ’n tipiese moderne, kultureel gemengde Suid-Afrikaanse gesin in die noordelike voorstede van Kaapstad. Eric is nie vas aan enige geloof nie, maar sy vrou, Juleigha, wat verkies om Julie genoem te word, is ’n niepraktiserende Moslem.