Michelle is vasgevang in ’n verhouding waarin sy toenemend gemanipuleer en mishandel word. Tog kan sy Francois “nie net los” nie.
Dis ’n algemene verskynsel. Volgens die statistiek neem dit ’n vrou gemiddeld sewe pogings om so ’n gevaarlike verhouding te verlaat. Michelle word egter al hoe dieper ingetrek omdat sy bly glo Francois sal verander. Sal Michelle uiteindelik haarself in die oë kan kyk en vra: “Wat is my sewe?”
#Silwerskermfees