web uni tv guide
web uni tv guide

Op Pad Met My Potjie

144DramaPG

Varkvleispotjie en koring: Otjimbingwe – Op pad met my potjie

Nuus30 Januarie 2026
Probeer gerus dié varkvleispotjie!
Op pad met my potjie S2 Ep 10 Article Image

Koring

3 koppies stampkoring

1 eetlepel sout

ongeveer 750 ml water

2 eetlepels botter of margarien

 

Plaas jou potjie oor die vuur en laat dit effens verhit. Plaas die 3 koppies koring, sout en 750 ml water in die potjie en roer tot gemeng. Plaas die deksel op en laat die koring vir 45 minute tot 1 uur kook. Roer elke nou en dan en maak seker daar is genoeg water in die pot. Gooi die oortollige water ná die kooktyd af en meng die botter of margarien deur.

 

Varkvleispotjie

2 kg varkvleis van jou keuse

4 medium aartappels, geskil en in blokkies gesny

1 medium ui, gekap

1 groot rooi soetrissie, pitte verwyder en in blokke gesny

1 groot geel soetrissie, pitte verwyder en in blokke gesny

2 eetlepels minestrone-soppoeier

2 eetlepels kerriegroente-soppoeier

3 groot tamaties, in blokkies gesny

4 groot wortels, geskil en in ringe gesny

1 eetlepel sout

1 eetlepel Kapana-speserye

1 teelepel swartpeper

1 eetlepel Aromat

150 ml sonnbeblomolie

Ongeveer 1000 ml water

 

Maak ’n medium vuur en plaas die potjie daaroor. Voeg sonneblomolie by en verhit. Verbruin die varkvleis. Voeg die wortels, sout en Kapana-speserye by. Roer en plaas deksel op.

Voeg die aartappels, soetrissies en uit by, asook die Aromat, swartpeper en 1 koppie water. Roer deur, plaas deksel op en koop vir 10 tot 15 minute. Voeg die tamaties by en laat vir nog 5 minute kook.

In ’n aparte koppie, meng die soppoeiers met water tot glad. Voeg dit by die potjie en roer goed. Laat dit vir nog 5 tot 7 minute prut tot die sous verdik het en al die bestanddele sag is.

Bedien warm met die koring as bykos.

Skakel Vrydae om 18:30 in vir splinternuwe episodes van Op pad met my potjie. Jy kan ook saam gesels op FacebookInstagramTikTok en X deur die hutsmerk, #OpPadMetMyPotjie te gebruik.