web uni tv guide
web uni tv guide

Op Pad Met My Potjie

144DramaPG

Steenbras- en glasnoedels -kerriepotjie: Hentiesbaai – Op pad met my potjie

Nuus06 Februarie 2026
Dié vispotjie lyk net te heerlik!
Op pad met my potjie S2 Ep 11 Article Image

Steenbras- en glasnoedels -kerriepotjie

4 kg steenbras filette

1 medium knoets gemeer, geskil

2 rooi rissies

100 ml sojasous

1 teelepel sout

1 teelelep swartpeper

4 loerierblare

1 knoffelbol

1 eetlepel tiemie

1 botteljie Thai-kerriemengsel

1 blik klapperroom

2 selderystingels

2 geskilde wortels, in blokkies gesny

2 medium tamaties, in blokkies gesny

3 medium uie, gekap

500 ml visaftreksel

30 g gaar glasnoedels

100 ml olyfolie

 

Om die visaftreksel te maak

die kop van die steenbras

1 ui, gekap

1 prei, in ringe gesny

1 selderystingel, gekap

sap van 1 suurlemoen

1 eetlepel vars tiemie

3 knoffelhuisies

1 glas witwyn

 

Prut alles saam oor medium hitte vir 25 tot 30 minute. Gooi deur ’n sif en hou die vloeistof as aftreksel. Moenie die ui, prei en seldery weggegooi nie.

 

Om die potjie te maak

Sny filette van die steenbras deur dit van die graat en van die vel te sny. Sny in blokkies. Marineer met sout, peper en van die Thai-kerriemengelsel. Plaas eenkant.

Rasper die gemmer en kap die rissies fyn. Kap die uie, wortels, seldery, knoffel en tamties fyn.

Maak die potjie warm op die kole en voeg die olyfolie by. Voeg die uie, een van die tamaties, knoffel, gemeer, tiemie, rissies, loerierblare, wortels en seldery by die pot. Braai vir ongeveer 1 minuut.

Voeg 4 eetlepels van die kerriemengels by en roer deur. Voeg die vis by en plaas in die middel van die pot. Kook vir 1 minuut. Voeg die visaftreksel, sojasous en die blik klapperoom by. Meng goed en laat vir 5 minute kook.

Voeg die glasnoedels, 1 koppie van die groente wat in die aftreksel gebruik is en die ander tamatie by. Roer versigtig en garneer met fyngekapte sprietuie. Dien dadelik op.

 

 Skakel Vrydae om 18:30 in vir splinternuwe episodes van Op pad met my potjie. Jy kan ook saam gesels op FacebookInstagramTikTok en X deur die hutsmerk, #OpPadMetMyPotjie te gebruik.