Logo
web uni tv guide

Kyk Wie Praat

144KompetisiePG

Skryf in vir "Kyk Wie Praat" se vierde seisoen!

Nuus
08 Augustus 2024
As jy tussen die ouderdom van 6 en 9 jaar oud is en wil deel wees van die "Kyk Wie Praat"- klas van 2024, stuur vir Oom De Klerk ’n video!
KWP S4 CTE

As jy tussen die ouderdom van 6 en 9 jaar oud is en wil deel wees van die Kyk wie praatklas van 2024, stuur vir Oom De Klerk ’n video waar jy die volgende vrae beantwoord:

 

●      Moet asb nie die antwoorde vooraf oefen nie. Ons soek spontane reaksies!

●      Onthou daar is nie regte of verkeerde antwoorde nie, Oom De Klerk wil weet wat JY dink.

 

Vrae:

-       Wat is jou naam?

-       Hoe oud is jy?

-       Wat dink jy is ’n hommeltuig?

-       Dink jy dis lekker om die president van Suid- Afrika te wees? (Hoekom?)

-       Vertel my van die beste uitstappie waarop jy al was? 

 

Whatsapp jou video na 0712097663 voor 25 Augustus 2024.

Stuur ook ’n Whatsapp-boodskap met die volgende inligting, saam met jou video: 

-       ’n Kop-en-skouers foto van jouself

-       Jou naam en van

-       Geboortedatum

-       Ouderdom

-       Graad

-       Ouer/Voog se naam en van

-       Kontaknommer

-       Fisiese adres

-       Epos adres

 

- Geen video’s sal aanvaar word as jy jonger of ouer is as 6-9 jaar nie.

- Geen video’s sal aanvaar word na die sluitingsdatum nie. ( 25 Augustus 2024 om 22h00 )

- Opnames vind tussen 16 SEPTEMBER 2024 – 02 November 2024 in Kaapstad plaas.

- Slegs ouers of wettige voogde van kinders mag video’s instuur.

- Die selfoonnommer waarheen oudisies gestuur word, word gemonitor en inligting word beskerm deur een gemagtigde persoon.

- Alle inskrywings sal deur ‘n keuringsproses gaan. Deelname aan Kyk wie praat, word nie gewaarborg  nie.

- Probeer asseblief om die video’s onder twee minute te hou.

- Hierdie videos word slegs vir interne oudisies gebruik en word op geen manier versprei nie.