Je-ani Swiegelaar, wat Heidi Horn speel, het gewen in die kategorie vir beste aktrise, en Zandélle Meyer het vir haar vertolking van Marelize Horn die toekenning vir beste vroulike byspeler ingepalm.
Resensente en gehoorlede wat dit by die Silwerskermfees gesien het, is dit eens dat My f*k, Marelize! een van die flieks is wat jy vanjaar móét sien. En die goeie nuus is dat jy dit dadelik in ’n teater kan gaan kyk, want Marelize het op Vrydag 29 Augustus in bioskope in Suid-Afrika en Namibië begin draai.
“Dié eersteklas- Afrikaanse rolprent is nie wat jy verwag nie, en dis verkwiklik. Dit is ’n bekoorlike fliek oor barmhartigheid en die hegte bande in ’n gesin. Dit sal ’n pleister oor jou depressie plak. Gaan kyk – dis buitengewoon!” – Leon van Nierop, Rapport
“Swiegelaar hou en stuur dié prent soos Heidi haar gesin. Nooit wankel sy na goedkoop emosie nie, nooit tap sy of speel sy vir effek nie. Heidi is soos ’n boegbeeld in ’n stormsee, Swiegelaar speel haar met stil oortuiging.” – Laetitia Pople, Netwerk24
“If there is one reason to watch My f*k, Marelize!, it is for Je-ani’s performance as an ordinary mother trying to protect her daughters, only to discover that they also protect her when she needs it most.” – Gerhard Ehlers, Bioskoop
“Een van die beste Afrikaanse films wat ek al gesien het. Mense, gaan kyk dit!” – Danelle Esbach op die Silwerskermfees se Facebook-blad
“Die storie agter die titel was verrassend. Net weer ’n bewys dat daar altyd ’n storie agter die storie is. My f*k, Marelize! is ’n verhaal wat diep snare roer – van gewone familie-dinamika, liefde en humor ten spyte van klippe wat in ons pad gerol word. Uitstekende fliek!” – Justine Krige ná afloop van die première
“Dit was absoluut briljant!” – Theo Roux op die Silwerskermfees se Facebook-blad
Hier is nog vyf redes om nie My f*k, Marelize! mis te loop nie.
1. Die fliek vertel die storie agter die storie van die selfoonvideo wat ’n ma van haar dogter geneem het waar sy teen ’n rugbypaal vasry. Die woorde “my f*k, Marelize” het ’n gewilde uitdrukking in die volksmond geword, en skielik het almal geweet wie die Horns van Windhoek is. Dis ’n rolprent oor hierdie gesin se lief en leed en is vol humor, familieliefde en medemenslikheid.
2. Die regisseur is Zandré Coetzer, en die draaiboekskrywer is Brett Michael Innes. Beide is vir Silwerskermtoekennings vir My f*k, Marelize! benoem. “Dis ’n storie oor familie,” sê Zandré Coetzer. “Hierdie is ’n fliek vir enigiemand wat weet hoe familie-dinamiek ook familie-dinamiet kan wees. Die storie is in sy wese eintlik so klein, maar dit tref so diep. Dis ’n storie oor die lewe.”
3. Die rol van Tiaan Horn word deur Neels Clasen (Niggies, Spoorloos: Losprys) gespeel, en Nichola Viviers is Marelize se ousus, Wilmari. Nichola, wat drama aan die Universiteit Stellenbosch studeer het, het vroeër vanjaar die Fleur du Cap-toekenning vir belowendste student gewen.
4. My f*k, Marelize! is in Windhoek verfilm en deur Nagvlug Films en Nostalgia Productions van Suid-Afrika, en Joe Vision Productions van Namibië vervaardig. Indigenous Film Distribution versprei die film.
5. Die Horns van Windhoek was gaste by vanjaar se Silwerskermfees en was nie net daar vir die première nie, maar kon ook in die vreugde deel toe Je-ani en Zandélle Saterdagaand hulle toekennings gewen het.
My f*k, Marelize! is vanaf Vrydag 29 Augustus by die volgende rolprentteaters in Suid-Afrika en Namibië te sien:
Gauteng
Brooklyn Mall, Pretoria
Cradlestone Mall, Johannesburg
Cresta Mall, Johannesburg
Eastgate Mall, Johannesburg
Irene Village Mall, Centurion
Rosebank Nouveau, Johannesburg
The Grove Mall, Pretoria
Vaal Mall, Vanderbijlpark
Wes-Kaap
Blue Route Mall, Kaapstad
Capegate, Kaapstad
Garden Route Mall, George
Somerset Mall, Somerset-Wes
Tyger Valley, Kaapstad
VA Waterfront, Kaapstad
Noordwes
Mooi Rivier Mall, Potchefstroom
Waterfall Mall, Rustenburg
KwaZulu-Natal
Watercrest Mall, Pinetown
Vrystaat
Mimosa Mall, Bloemfontein
Oos-Kaap
Baywest, Gqeberha
Mpumalanga
i’Langa Mall, Mbombela
Limpopo
Mall of the North, Polokwane
Namibië
Maerua Mall, Windhoek
The Grove, Windhoek
Gauteng
Menlyn Park, Pretoria
Clearwater Mall, Roodepoort
Woodlands Boulevard, Pretoria
Wes-Kaap
Canal Walk, Kaapstad
Mountain Mill, Worcester
KwaZulu-Natal
Ballito Junction, Ballito
Galleria Mall, Amanzimtoti
The Pavilion, Durban
Oos-Kaap
Boardwalk Casino, Gqeberha
Vrystaat
Loch Logan Waterfront, Bloemfontein
Montecasino, Johannesburg
Silverstar, Krugersdorp
Northridge Mall, Bloemfontein
Grand West Casino, Kaapstad
Whale Coast, Hermanus
Alpha Cinemas
Besprekings: 076 360 0948
The Strip, Welkom
Paarl, Wes-Kaap
- Die film is moontlik gemaak deur kykNET, MultiChoice Namibië en die NFVF (Nasionale Rolprent-en-videostigting).