Logo
Klein Paradys S1 Slim BB Duos

In gesprek met Klaas en Yvett – Klein paradys

Nuus
29 Januarie 2025
Klaas en Yvett vertel ons waar hulle liefde vir DIY vandaan kom en veel meer!
Klein paradys

Waar kom jou liefde vir DIY vandaan?

Klaas: 
DIY en mooimaak is eerste liefde vir my en Yvett. Dit het ons bymekaar gebring toe ons idees uitgeruil het op projekte.



Wat is die eerste projek wat jy ooit aangepak het?

Klaas: 
Dit kom al van vroeg in my lewe. Graad 2 gesê ek wil ’n bouer word. Upscale was die begin van passie, soos op Tukkies het ek ’n ou yskas omskep in ’n klerekas vir ekstra pakplek in ’n kommune en vandaar geëskaleer. Daarna was elke huis wat ek al gekoop het ’n projek.

Yvett: Ek het nog nooit ge-DIY nie, my liefde is meer vir konstruksie en ontwerp.



Wat is die grootste (of duurste) fout wat jy al gemaak het tydens ’n DIY-projek?

Klaas: 
Grootste fout wat jy kan maak, en dit was toe ek nog baie onervare was, is om 'n Bakkie-Bouer te kontrakteur en nie self die projek te bestuur nie. Hulle karre breek, jy wag en wag en dan verdwyn hulle met die deposito na 2 rye stene gele is.

Yvett: Ek het nog nooit ge-DIY nie.



Wat is een projek wat jy nog sal wil aanpak?

Klaas: 
Om ons eie huis te kan bou van scratch af. 2de plek is om ons huidige huis (met massive budget natuurlik) te kan vernuwe soos wat net ons kan. Dit sal so belaglik indrukwekkend wees. Wikus sal ons moet betaal om in sy Tuis Tydskrif te kan publiseer.



Skakel môreaand om 20:00 in vir die slotepisode en gesels saam deur die hutsmerk #KleinParadys te gebruik op FacebookInstagram, X en TikTok.