Waar kom jou liefde vir DIY vandaan?
Mika: Ek was nog altyd lief daarvoor om kreatiewe goedjies te doen en kreatiewe speletjies te speel, en nou dat ek in die industrie werk en sien hoe duur projekte raak, weet ek dit is soms (nie altyd nie) goedkoper om die taak self uit te voer en die resultaat is baie meer lonend.
Jannie: Ek is ’n handige mens en in die industrie sien ek gereeld hoe kontrakteurs met gereedskap werk, so ek vermoed die liefde het ontstaan uit nuuskierigheid.
Wat is die eerste projek wat jy ooit aangepak het?
Mika: Jare terug wat ek vir my hasies ’n hok gebou het. Ek het dit ontwerp soos ’n regte huisie vir ’n gesin - Dit was té oulik!
Wat is die grootste (of duurste) fout wat jy al gemaak het tydens ’n DIY-projek?
Mika en Jannie: Ons kan nie eintlik aan een dink nie.
Wat is een projek wat jy nog sal wil aanpak?
Mika en Jannie: Ons altwee het ’n liefde vir ou Kaap Hollandse huise en ons wil altwee graag saam hierdie styl huis restoreer.
Skakel hierdie Donderdag om 20:00 in om te sien wie dié kompetisie gaan wen en gesels saam deur die hutsmerk #KleinParadys te gebruik op Facebook, Instagram, X en TikTok.