Waar kom jou liefde vir DIY vandaan?
Juan-Louis: Ek is’n kreatiewe persoon en mal daaroor om met my hande te werk. DIY is die perfekte kombinasie tussen die twee.
Elri: My pa is ’n vlegtuig-werktuigkundige en ek was blootgestel aan streng tegniese vaardighede al van kleins af. Later toe die lewe begin gebeur het, het ek argitektuur in Bloemfontein gaan swot. Die veld en industrie het die vaardighede ontwikkel.
Wat is die eerste projek wat jy ooit aangepak het?
Juan-Louis: Ek het my ma se printer uitmekaar gehaal toe ek klein was, en dit onsuksesvol weer aanmekaar gesit.
Elri: Ek en my vrou het ons eerste woning oorgedoen in Potchefstroom in 2022. Die oordoen was soos 'n nuwe geboorte en nie net ’n verf en plak nie. Die elektrisieteit, loodgieterswerk en muur/vloer afwerkings moes alles vervang geword het vanaf die munisipale aansluitings.
Wat is die grootste (of duurste) fout wat jy al gemaak het tydens ’n DIY-projek?
Juan-Louis: Ek het ons eerste huis se kombuiskaste oorgedoen, toe ek die sny lys instuur het ek per ongeluk ’n ekstra nulletjie by gesit, toe het ek massive laai kassies gehad wat baie duur kos, en ek moes als toe in elk geval weer self sny.
Elri: Ek het die einste huis in 2022 se dak oorgeverf met ’n goedkoop produk om geld te spaar, waar die spesialis dit deder moes doen. Later het hy dit wel kom oordoen.
Wat is een projek wat jy nog sal wil aanpak?
Juan-Louis: Ek wil baie graag ʼn massive luukse boomhuis bou vir my en my kinders – my eie mikro eenheid in’n boom.
Elri: Ek is tans besig om vir myself ʼn mikro-eenheid te bou deur my ander maatskapy, Streamline, as ʼn gaste verblyf eenheid vir ʼn ekstra stroom van inkomste.
Skakel môreaand om 20:00 in om te sien wie dié kompetisie gaan wen en gesels saam deur die hutsmerk #KleinParadys te gebruik op Facebook, Instagram, X en TikTok.