Logo
Klein Paradys S1 Slim BB Duos

In gesprek met Alicia en Claudia – Klein paradys

Nuus
28 Januarie 2025
Alicia en Claudia vertel ons meer van hulle #KleinParadys-ervaring!
Klein paradys

Waar kom jou liefde vir DIY vandaan?

Alicia: Ons hele gesin is kunstig. My Pa is die meester DIY'er. Hy kan enige iets doen en met enige materiaal werk. Ek het van kleins af in sy garage gaan krap en met sy verf of spray paint gespeel. Die liefde vir DIY het so natuurlik gekom totdat ek my stem gevind het in my groot liefde van meubels revamp.

Claudia: Vandat ek ’n kind was het ek gehou van skep: Kuns, kunswerke en skilder. Ek het nooit meubels gemaak of so iets nie maar het nog altyd ’n oog gehad vir interior en om “ou” goed weer mooi te maak.



Wat is die eerste projek wat jy ooit aangepak het?

Alicia: 
Ek was 13. Ek het ’n staal raam met wiele ge-spray verf en in my kamer gaan sit en as ’n hangkas gebruik. Dit het soos ’n regte fashion runway kas gevoel vir my. Ek was baie trots.

Claudia: My eerste skets, was ’n perd toe ek 6 jaar oud was en ander projekte meer na skool soos mens begin het met jou trousseau en om hand me downs mooi te maak.

Wat is die grootste (of duurste) fout wat jy al gemaak het tydens ’n DIY-projek?

Alicia: 
Dit was nie ’n duur fout nie, meer ’n onnodige een. Baie ekstra werk. Ek het ’n kassie nie ge-primer voor ek dit geverf het nie en nadat ek geverf het en geseël het toe begin die kassie bloei. Dit is sulke geel kolle wat uitslaan. Dit het my geleer om in die vervolg eers seker te maak of die meublement ge-primer moet word voordat ek verf.

Claudia: Ek het nou nog nooit groot of duur foute gemaak tydens ’n DIY nie, behalwe om ’n verf blik om te laat val, maar ek gaan gewoonlik met die “fout”.



Wat is een projek wat jy nog sal wil aanpak?

Alicia: 
Ek wil baie graag ’n gastehuis oordoen. Ek het soveel idees. Dit is my droom!

Claudia: ’n Projek waarna ek uit sien om aan te pak is om my eie huis eendag mooi te maak.



Skakel hierdie Donderdag om 20:00 in vir die slotepisode en gesels saam deur die hutsmerk #KleinParadys te gebruik op FacebookInstagram, X en TikTok.