Logo
Klein Paradys S1 Slim BB Duos

“Goeie genade”- oomblikke – Klein paradys

Nuus
21 Januarie 2025
Oomblikke wat ons na ons asems laat snak het!
Klein paradys S1 Ep 5

Daar is slegs nog twee weke oor voordat ons uitvind watter duo gekroon gaan word as die eerste wenner van Klein paradys.

Maar kom ons gaan bietjie terug in tyd en blik terug na ‘n paar onvergeetlike oomblikke!

1.     Klaas en Yvett se groot geheim

Die beoordelaars was regtig baie bekommerd gewees oor dié duo se geheimsinnigheid om hulle planne te deel oor die “muishond”.

2.     Die uitspan-area

Die duo’s was onder die indruk dat hulle slegs vir 22 dae gaan fokus op hulle eie mikro-eenhede – hulle kon nie verder verkeerd gewees het nie! Hulle moes ook as groep saam met Brandt werk om die uitspan-area te voltooi.

3.     Die eerste straf

Jannie was glad nie beïndruk gewees oor dié “ankle tap” nie!

4.     Waterproofing

Claudia en Alicia het regtig gesukkel met hulle waterproofing, gelukkig was Brandt daar gewees om hulle te help!

5.     Mansplaining

Gerrie was nie té gewild by Claudia en Alicia gewees nadat hy ‘n fout uitgewys het by hulle eenheid nie ...

6.     Dáárdie “fight”

Bloed is dikker as water, maar dit beteken ook nie dat jy nooit kwaad sal word vir familie nie, of hoe?

7.     Die kenners

Wie sal ook kan vergeet in laas week se episode toe Robbie die duo’s inlig dat eksterne kenners ook die eenhede gaan kom beoordeel?

Skakel Donderdae om 20:00 in vir Klein paradys op kykNET, kanaal 144 om te sien hoe die duo’s se mikro-eenhede vorder. Gesels ook saam op FacebookXInstagram en TikTok