Die Fiëstas-paneel het in 2024 sewe kunstefeeste – KKNK, Suidoosterfees, Innibos, Vrystaat Kunstefees, Klein-Karoo Klassique, Momentum Beleggings Aardklop en Toyota Stellenbosch Woordfees - bygewoon om al die debuutproduksies te sien wat op die planke gebring is. Ná ’n breedvoerige stemproses wat deur ouditeure nagegaan is, is die benoemdes in die veertien kategorieë bepaal.
“2024 was ’n wonderlike jaar van stories vertel en emosies opwek,” sê Carmen Botma, sameroeper van die Fiëstas-paneel. “Of ’n feesganger hulself in die gehoor van ’n buitelugmusiekkonsert bevind het of te staan gekom het voor ’n kunswerk, verskuilde gevoelens beleef het tydens ’n teaterstuk, sitplek ingeneem het by ’n paneelbespreking of hulle oë kon toemaak tydens ’n musiekuitvoering – dis te danke aan kunstenaars soos jy dat feesgangers kon toegang kry tot ’n ander wêreld, kon ontsnap van die werklikheid of hulle kon vereenselwig met die skeppende kuns voor hulle. Daarvoor sê almal van ons op die paneel dankie.”
BESTE AKTEUR
Chris van Niekerk in Die stoele (KKNK)
Joshwin Dyson in Laaitie mettie biscuits (Momentum Beleggings Aardklop)
Frank Opperman in Stinkhout (Momentum Beleggings Aardklop)
Theo Witbooi in Die Swartmerrie (KKNK)
BESTE AKTRISE
Anna-Mart van der Merwe in Speelgoed van glas (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Cintaine Schutte in Onder ’n bloedrooi hemel (Suidoosterfees)
Crystal Donna Roberts in Poppie in the dunes (Suidoosterfees)
Rolanda Marais in Hedda Gabler (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Chantell Phillipus en Theo Witbooi in Die swartmerrie. Foto: Hans van der Veen
BESTE SPEL IN ’N ONDERSTEUNENDE ROL
Albert Pretorius in Hedda Gabler (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Deon Lotz in Onder ’n bloedrooi hemel (Suidoosterfees)
Gerben Kamper in Ons wag vir Godot (Vrystaat Kunstefees)
Oscar Petersen in Poppie in the dunes (Suidoosterfees)
BESTE NUUTGESKEPTE TEKS
Christo Davids vir Laaitie mettie biscuits (Momentum Beleggings Aardklop)
Neil Coppen vir Die Swartmerrie (KKNK)
Philip Rademeyer vir Stinkhout (Momentum Beleggings Aardklop)
Johann Slabbert vir Vier Panado’s en ’n Chardonnay (KKNK)
Frank Opperman en Wilhelm van der Walt in Stinkhout. Foto: Pieter Lombaard
BESTE VERWERKING OF VERTALING VAN ’N TEKS
Christaan Olwagen vir Hedda Gabler (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Naòmi Morgan vir Ons wag vir Godot (Vrystaat Kunstefees)
Nerina Ferreira (postuum) vir Die stoele (KKNK)
Nico Scheepers vir ’n Begin (Toyota Stellenbosch Woordfees)
BESTE REGIE
Christiaan Olwagen vir Hedda Gabler (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Dion van Niekerk vir Ons wag vir Godot (Vrystaat Kunstefees)
Nico Scheepers vir Speelgoed van glas (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Marthinus Basson vir Kruispad of die legende van die goue vis (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Rolanda Marais en Albert Pretorius in die toneelstuk, Hedda Gabler. Foto: Jeremeo Le Codeur
BESTE PRESTASIE IN ONTWERP
Iman Isaacs vir Poppie in the dunes (Suidoosterfees)
Marí Borstlap vir Onder ’n bloedrooi hemel (Suidoosterfees)
Philip Rademeyer vir Stinkhout (Momemtum Beleggings Aardklop)
Rocco Pool vir Hedda Gabler (Toyota Stellenbosch Woordfees)
BESTE FEESPRODUKSIE
Hedda Gabler (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Speelgoed van glas (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Stinkhout (Momentum Beleggings Aardklop)
Die Swartmerrie (KKNK)
BESTE ENSEMBLE
Hedda Gabler (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Kruispad of die legende van die goue vis (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Ons wag vir Godot (Vrystaat Kunstefees)
Speelgoed van glas (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Anna-Mart van der Merwe en Carla Smith in Speelgoed van Glas. Foto: Llewellyn de Wet
BESTE KONTEMPORÊRE MUSIEKPRODUKSIE
Jazz at the Konserve: Ramon Alexander Trio (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Frieda van den Heever: Spoorloos (Toyota Stellenbosch Woordfees)
kykNET konsert (Innibos)
Musikale Meander (Innibos)
BESTE MUSIEKGEDREWE TEATER
André Schwartz: My keuse (Suidoosterfees)
Ontban (Suidoosterfees)
-loos (Momentum Beleggings Aardklop en Toyota Stellenbosch Woordfees)
Vier Panando’s en ’n Chardonnay (KKNK)
BESTE PRESTASIE IN KLASSIEKE MUSIEK
Charl du Plessis Trio: Rhapsody in Blue (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Charl du Plessis Trio: Vivaldi Vier Seisoene (Momentum Beleggings Aardklop)
Die groot finale (Momentum Beleggings Aardklop)
Operagala (Suidoosterfees)
Van links na regs is Wayne van Rooyen, Stephanie Baartman, Joshwin Dyson en Carla Classen in Laaitie mettie biscuits. Foto: Pieter Lombaard
BESTE PRESTASIE IN VISUELE KUNS
Colbert Mashile vir The dreams of yonder, untethered (KKNK)
Jessica Webster vir ’n Perd sonder naam (Momentum Beleggings Aardklop)
Marlene Steyn: Toyota Stellenbosch Woordfees Feeskunstenaar
Miné Kleynhans, kurator van Artsworks from the MAPSA (Vrystaat Kunstefees)
BESTE OPKOMENDE KUNSTENAAR
Damian David Jacobs vir Set in motion (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Joshwin Dyson in Laaitie mettie biscuits (Momentum Beleggins Aardklop)
Katelynne Matthews vir Khanya and her golden dream (Vrystaat Kunstefees)
Miché van Wyk vir die teks van Suurdeeg (Suidoosterfees)
- Vanjaar se Fiëstas-toekenningsgeleentheid is op 27 Februarie by die Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin in Kaapstad. Die geleentheid is slegs vir benoemdes en ander rolspelers en word nie regstreeks uitgesaai nie. Daar sal wel insetsels vir verskeie kykNET-programme verfilm word.