Logo
Klein Paradys S1 Slim BB Duos

Die kenners se opinies – Klein paradys

Nuus
23 Januarie 2025
Die mikro-huise is uiteindelik gereed en verskeie kenners het vanaand die geleentheid gehad om die eenhede te gradeer voordat dit die beoordelaars se beurt is. Hier is wat hulle te sê gehad het oor elke duo se eenheid.
Klein paradys



Klaas en Yvett


Die kenners was dadelik beïndruk met die kaggel en muurpapier in dié eenheid! Die kenners het ook gehou van die privaatheid van die eenheid, maar voel dat die bed dalk gedraai moes word om die meeste te maak van die pragtige uitsig. Die groot badkamer was ook ’n pluspunt vir die kenners, maar hulle voel dat daar nie genoeg lig is in die vertrek nie en wens dat daar ’n plek was om jou klere op te hang.



Maggie en Gerrie

Die buite-area van Maggie en Gerrie se eenheid was vir die kenners ’n groot pluspunt, maar nie almal het dieselfde gevoel oor die binnekant van die eenheid nie. Sommige kenners was mal oor hoe uniek dié spasie is, terwyl ander gevoel het dat al die elemente nie noodwendig goed saamwerk nie. Dié beoordelaars was ook mal oor die badkamer, maar voel nie dat dit pas by die res van die mikro-huis nie.

Mika en Jannie

Die kenners voel dat hierdie duo hulle spasie baie goed benut het, maar dat die kombuis bietjie “overkill” is en die groot yskas onnodig is vir ’n klein eenheid. Hulle was ook beïndruk met die feit dat dié twee die uitsig in ag geneem het in beide hulle slaapkamer en kombuis. Dino en Kirsten Paulo het egter opgemerk dat daar nie ’n plek is vir twee mense om saam te ontspan buite die eenheid nie.



Johann en Lee-Ann

Dié eenheid se houtwerk en groot buite-area het die kenners vinnig beïndruk! Die kaggel is ook ’n groot pluspunt en Bennie Potgieter het hulle besluit om die stort en toilet te skei as geniaal beskryf. Dino Paulo is egter bekommerd oor die stortkop wat bietjie laag is en voel dat sommige mense dalk ongemaklik sal voel in die stort.



Juan-Louis en Elri

Hierdie eenheid se uitsig het die kenners se asems weggeslaan! Hulle noem ook dat daar oorgenoeg spasie is om gemaklik te kan bly en hulle was beïndruk met die tweedoelige tafel. Die kenners het gesukkel om die ekstra bed uit te kry, maar hulle hou van die feit dat #DiePelleVanPotch slim gebou het om hulle eenheid te laat uitstaan bo die res.

Claudia en Alicia

Die sussies se unieke ontwerpstyl het dadelik die kenners se aandag gevang. Joanne Friedrichs het gehou van die feit dat die slaapkamer meer “welcoming” voel as die res, terwyl ander kenners voel dat hulle die spasie beter kon benut. Francois Viviers noem dat hierdie eenheid ’n groot uitdaging is om te omskep, maar dat hulle wel meer kon doen om die spasie privaat te laat voel.  



Skakel Donderdag om 20:00 in vir die slotepisode en gesels saam deur die hutsmerk #KleinParadys te gebruik op FacebookInstagram, X en TikTok.